SPEEL? JA!
Hier speel ons nog op die regte manier – ons speel buite!
Wanneer die weer heerlik is en die son skyn, het meeste ouers nie ‘n probleem dat kinders buite speel nie. Maar as die winter so nader kruip, wat dan? Beslis speel ons dan nog buite!
Gelukkig woon ons in Suid–‐Afrika en die weer is nog lank nie só ondraaglik dat kinders nie buite wil speel nie. Die klim–‐ en klouterapparaat, en veral die groot glyplank is beslis waarom Alma Maters altyd buite wil wees!
Die lifelike uitsig oor die Coronationdam moet beslis ook ‘n groot aandeel daaraan hê. Om buite te speel, winter of somer, hou baie voordele vir kinders in.
Om maar ‘n paar te noem:
1. Versterk hulle immuniteitstelsel
Kinders op ‘n plaas is oor die algemeen gesonder as ons dorpskinders, juis omdat hulle meer blootgestel is aan diere, peste en bakterië. Hoe meer ‘n kind aan hierdie dinge blootgestel word, op ‘n gereelde basis, hoe minder is hulle kans op immuun versteurings en die opbou van allergië.
2. Verskaf oefening
Deur pret, kry hulle oefening in! Hulle lyfies beweeg – iets wat TV kyk of iPad speletjies nie kan doen nie!
3. Stimuleer hulle verbeelding
Weens die tegnologiese era waarin ons leef, ontbreek verbeeldingrykheid by ons kinders. Voor hulle huis–‐huis speel, kyk hulle eerder ‘n TV reeks van ‘n disfunksionele familie.
4. Bevorder probleemoplossing
Buitespeel leer kinders om regte problem op te los! Óf hulle besig is om ‘n fort te bou en óf hulle leer om saam met ‘n maatjie in die sandput te speel – dit is probleemoplossing!
5. Verskaf Vitamine D
Wat verkry word van die son! Ons Suid–‐ Afrikaanse son! 15 – 20 Minute se blootstelling aan die son verbeter energievlakke, buierigheid, geheue en algemene gesondheid!
DAAROM SPEEL ONS NOG BAIE GRAAG BUITE BY ALMA MATER!