S.A. Kampioenskappe – Uitvoerende Kunste

Liechen & Daniela ErasmusS.A. Kampioenskappe – Uitvoerende Kunste 2011 Individuele uitdun-rondtes vir alle provinsies is reeds vroeer gehou om te bepaal wie kwalifiseer om aan die Nasionale Uitvoerende Kunste deel te neem. Leerlinge uit alle Provinsies, sowel as Namibie en Botswana het deelgeneem. Slegs 1 goue, 1 silwer en 1 bons medalje is toegeken in elke kategorie. Daar is soms geen goue of silwer medalje in die drama afdeling toegeken nie. Lieschen Erasmus ‘n graad 3 leerling het 3 Brons Medaljes ontvang. Daniela Erasmus graad 8 ontvang 4 Brons medaljes. ‘n Puik prestasie! Baie geluk.